Back to results
Cover image for book Liefde op Langebaan

Liefde op Langebaan

By:Trish Goosen
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624065043
eText ISBN:9780624065050
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Lana het ná ’n liefdesteleurstelling op Langebaan kom heel word, hier waar niemand die potjierol van vroeër ken nie, waar sy weer kan leer om goed genoeg te voel. Vir iemand wat sukkel met haar selfbeeld, is die eerste keer wat sy en Ben mekaar sien, nie van die beste nie: Sy struikel in ’n restaurant en raak slaags met ’n skinkbord vol aarbeimelkskommel. En van daar af bly dinge tussen haar en Ben Kok problematies: Hy’s veels te sexy, om mee te begin, en duidelik ’n player van formaat, kom Lana op hul eerste afspraak agter – hy wil sommer vatterig raak, en met haar geskiedenis is dit die laaste eienskap waarna sy soek in ’n man. Buitendien, daar’s beter dinge op die horison toe Lana die nuwe dokter op die dorp se aandag trek, en gou is die twee van hulle in ’n . . . wel, heel goeie verhouding. Net jammer André kritiseer nogal haar smaak. En haar lyf. En haar eetgewoontes. Maar nee, hy’s eintlik báie gaaf. Ben, ’n sjef van beroep, wil opmaak vir sy flater en bied aan om Lana te leer kosmaak, om die vegetariese André te kan beïndruk. Net gou moet Lana keer vir die kookwater, en nie nét in die kombuis nie . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.