Sondag op 'n voëlplaas
| By: | Johann Nell |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624064831 |
| eText ISBN: | 9780624064848 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Hy wou wegkom. Kleintyd al. Weg van daardie volstruisplaas waarop hy grootgeword het. Weg van al die boersheid en kleindorpse benepenheid. Weg van ’n pa wat dreig om hom vas te spyker aan ’n stuk dorre aarde sodat hy dit nooit kan verlaat nie. Weg van daai voëls! En hy hét ook weggekom. Vir goed. Maar . . . Wat? Hy kan nie presies sê nie, maar dis asof ’n reuse-golf hom op ’n dag tref – absoluut uit die bloute – en toe hy daarna om asem lê en spartel, is dit asof hy vanuit die yskoue dieptes opkom na die helder wete dat hy moet terug. Hy moet terug na daardie plasie en daardie tyd waarvan hy so naarstig wou wegkom. En hy moet terug na ’n plaasmeisie wat hom lank, lank gelede aan die hand geneem en ’n donker spelonk binnegelei het, hom nader en nader gebring het aan die onnoembare duisternis van háár geheim. Sondag op ’n voëlplaas is ’n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook ’n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit deur ’n plaasverlede gevoed word.