Back to results
Cover image for book Fiela se kind

Fiela se kind

By:Dalene Matthee
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624043324
eText ISBN:9780624064749
Edition:1
Copyright:1985
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ´n weggooilam. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon ´n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Dié vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry. En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.