Back to results
Cover image for book Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

By:Elizabeth Wasserman
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624062844
eText ISBN:9780624062912
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa. Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ’n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.