Back to results
Cover image for book Troukoek maak nie vet nie

Troukoek maak nie vet nie

By:Kristel Loots
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624053545
eText ISBN:9780624058700
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is ’n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir “tot die dood ons skei” was hy toe so bang soos die duiwel vir ’n skoot yswater in die gesig. Nou is sy single en selibaat, en so sal dit bly. Swinging from the chandeliers is nie vir haar nie. Dis bedoel vir supermodelle soos Vicky Vermaak – so vol botox en silikoon dat sy nie oornag sal vergaan nie. Sý gaan met ’n watertand-hunk trou, soos die een wat Dixie soveel jare gelede net daardie één keer vuurwarm gesoen het. Vir haar organise Dixie ’n wondermooie trourok en ’n toringhoë troukoek, die ene dekadensie met hope room en sjokolade en ander sondige bestanddele. Want troukoek maak mos gelukkig nie vet nie . . .   Maar Dixie loop rond met ’n geheim en kan juis maklik ’n boggheroppie van ’n ding maak. Is daar enige kans dat die regte man met die regte vrou getroud gaan raak?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.