Om te mag twyfel
'n Gelowige se reis| By: | Julian Müller |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624049623 |
| eText ISBN: | 9780624058502 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2011 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
"Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . ." Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed. Müller beywer hom vandag vir 'n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om vrae te vra en "buite die boks" te glo.