Back to results
Cover image for book Eindstryd

Eindstryd

By:Willie Esterhuyse
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624054269
eText ISBN:9780624058137
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en 'n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend in die begin van onderhandelinge en die uiteindelike oorgang nie; dit was ook die begin van 'n onwaarskynlike, maar durende, vriendskap tussen 'n Stellenbosse professor met 'n Broederbond-agtergrond en 'n vurige jong aktivis en latere President.  Merkwaardige anekdotes en 'n persoonlike aanslag gee 'n vars, soms onthutsende blik op bekende Suid-Afrikaanse leiers. Daar is ook fassinerende inligting oor geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela, strategië vanuit PW Botha se situasiekamer, en hoe die Intelligensiediens die land van grootskaalse geweld probeer "red" het deur in die skaakspel tussen die partye in te gryp. Die skrywer gee 'n verantwoorde uiteensetting van die metode van nie-amptelike ontmoetings, waar leiers nie hul onverbiddelike openbare standpunte hoef te handhaaf nie. Hy sluit af met 'n uitgesproke en reguit analise van die stand van die Suid-Afrikaanse staat vandag.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.