Back to results
Cover image for book Om joune te wees

Om joune te wees

By:Schalkie van Wyk
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624057680
eText ISBN:9780624057697
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Kayla se studies is afgeloop en sy keer bly terug na haar geliefde tant Annelize en hul huishoudster, ta Trynie, by Huis Kanferfoelie. Sy’s egter nie die enigste nuwe aankomeling nie: Hul nuwe bure is ’n spul hippies met ongelooflik raserige motorfietse, en onder hulle is daar een met taankleurige oë soos ’n arend . . . Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie?Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy “weet” kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur ’n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.