Back to results
Cover image for book As die wind kom draai

As die wind kom draai

By:Hans du Plessis
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624057468
eText ISBN:9780624057475
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge lê. Die vroeë son maak dit nog geler, maar dit is 'n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit 'n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die wêreld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir 'n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed lê. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.