Vegter en balling
Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz| By: | Chris Schoeman |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624056935 |
| eText ISBN: | 9780624056942 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Hoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te hê of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Nadat hy in die Brandwaterkom gevange geneem is, is veldkornet Charles von Maltitz in die Groenpunt- en Simonstad-krygsgevangenekamp en later in Trichinopoly in Indië aangehou. Sy lot was soortgelyk aan dié van duisende ander burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog na kampe op St. Helena, Ceylon, Bermuda en elders gestuur is.Sy dagboek, nou vir die eerste keer gepubliseer, skets ’n boeiende beeld van die lewe as ‘’n Boerekrygsgevangene. Dit vertel van die fisieke ontberings en emosionele swaarkry tot die dinge wat hom en sy makkers deurgedra het. Daar is siekte en dood, ontrouheid – ook van Boervroue en medegevangenes – en selfs gewaagde ontsnappingspogings. Sy raak waarnemings en skerp insig bied ’n unieke blik op die alledaagse lewe in die kampe, maar ook op die onderstrominge soos die konflik tussen pro-Britse Boere en die onversetlikes. Tussendeur sorg Charles se besondere humorsin vir talle kostelike beskrywings.