Back to results
Cover image for book Arendsnes

Arendsnes

By:Dirk Jordaan
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624055327
eText ISBN:9780624055334
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Sy is van die Valke, die polisie se afdeling vir prioriteitsmisdaad. Lydia Stander. Luitenant Lydia Stander. Toegewyd, gedrewe, slim en, ja, mooi ook. Nie dat enigeen van hierdie eienskappe dit vir haar maklik maak by die werk nie – dis ’n mannewêreld. Sy het egter ook deursettingsvermoë, en dit is deurslaggewend wanneer sy te make kry met ’n reeks moorde wat dalk iets gemeen het: ’n polisieman wat voor sy woonstel in Wonderboom-Suid geskiet is; die lyk van ’n gesiene sakeman in die parkeergarage van ’n kantoorkompleks; ’n weermagman tussen die klippe langs Fort Klapperkop . . . Een van die spore lei Lydia en haar span na ’n kleinhoewe buite Pretoria. Die eienaar is ene Kalvyn Botha, ’n oudsoldaat wat nou ’n veiligheidskonsultant is. ’n Geheimsinnige man, wat boonop op die mees onverwagse tye in Lydia se lewe opdaag. Lydia se ontwikkelde intuïsie het al so dikwels oplossings gebied, maar waardeur word dit dié keer gevoed? Deur Kalvyn se ruwe charisma, deur haar huweliksprobleme, of deur haar jeugherinneringe aan ’n plaaswerf met ’n stil liggaam in die bloederige stof? Dirk Jordaan se verhaal is ’n verstrengeling van vele herkenbare fasette van die Suid-Afrikaanse werklikheid: die blywende invloed van ’n gewelddadige en polities verdeelde verlede, die spanning tussen ’n vergeldingsdrang en ’n sin vir geregtigheid, en ’n regstelsel wat swaar gebuk gaan onder die gewig van baie ou wrokke. Met sy debuut, Die Jakkalssomer, het Dirk Jordaan gewys hy kán misdaadfiksie skryf; Arendsnes bring hierdie feit doodsekuur tuis. Dit is spannend, aktueel, ’n verhaal van die hoogste kaliber.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.