Back to results
Cover image for book Hartstog op see

Hartstog op see

By:Malene Breytenbach
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624054559
eText ISBN:9780624054566
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wêreld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques. Maar wat gebeur sodra sy aan boord stap? Dis net mans oral: die sexy Griekse eerste-offisier George Klopas, vrolike offisier Jim Sylvester, wat dadelik ’n ogie op haar het, die gladde Ierse dobbelaar Pat O’Neil, en haar belangrikste pasiënt, sir Geoffrey Percy en sy snobistiese familie wat saam reis. Natuurlik is daar ook die onweerstaanbare hoofdokter, Ruben Barnard, maar hy is heeltemal onbeskikbaar. Al is dit ook juis hý wat Justine bevriend en haar hart so vinnig laat klop . . . Spoedig is Justine betrokke in die mengelmoes verhoudings wat op so ’n vakansieskip kan ontstaan. Daar’s mans wat vra om met haar te trou, skimme uit haar verlede wat hoogs onverwags opdaag, en boonop lastige passasiers wat links en regs verlief raak op mediese personeel. Dit alles teen die romantiese agtergrond van ’n Mediterreense skeepsvaart. Hoe gaan Justine se hart dit hou?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.