Back to results
Cover image for book Rykie: 'n lewe met woorde

Rykie: 'n lewe met woorde

By:Lizette Rabe
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624052975
eText ISBN:9780624054016
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In ’n tyd toe die meeste vroue óf onderwyseres óf verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar ’n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960’s het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir “Van alle kante” in Die Burger en in die 1970’s vir “Op die randakker” in Rapport. Die rubrieke was só gewild dat dit as ’n sirkulasiebouer by Rapport  beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoë, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in ’n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillié en Schalk Pienaar en het ’n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.