Back to results
Cover image for book 'n Dorp soos Silwer Streams

'n Dorp soos Silwer Streams

By:Barend Vos
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624053101
eText ISBN:9780624053118
Edition:1
Copyright:2011
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

’n Man struikel-stap deur ’n dorp se vervalle strate. Hy moet by die polisiekantoor uitkom. Hy het ’n paar ou tekkies aan, en hy het sy selfoon by hom. Hy is die dorp se predikant. Hy het op ’n lyk afgekom. Silwer Streams is ’n dorp soos enige ander op die Suid-Afrikaanse platteland. Daar is ’n kerk en ’n kafee, ’n rolbalklub en twee townships, ’n polisieman en ’n koerantman, ’n oudonderwyser, ’n dowe sekretaresse en ’n gay kafee-assistent. En nou ook ’n lyk. Ja, natuurlik het die dorp ’n dominee ook, dis juis hy wat op die lyk afgekom het. Net langs die laagwaterbrug buite die dorp het hy die bleek gelaat onder die watervlak sien roer. Was dit moord? Die dorp is in rep en roer. Hulle sê die lyk was dié van ’n onwettige immigrant. Die polisieman doen ondersoek; iemand bel die storie deur na die Sondagkoerant, almal se tonge klap. Almal behalwe die dominee s’n. Hý word nog stiller, nog meer teruggetrokke. Hy trek hom terug in sy binnekamer vir sy voortdurende sielestryd – sy stryd teen karakters wat nou al so lank sy kop bevolk. Hy sal tot skryf moet kom, weet hy nou. Nou is daar nie meer verskonings nie. Nou is daar ’n lyk.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.