Back to results
Cover image for book Trousseaukis

Trousseaukis

By:Annelie Botes
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624046509
eText ISBN:9780624052487
Edition:1
Copyright:2008
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel. 'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word. 'n Predikant verslaaf hom aan 'n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en blou blokkies wat hy dag en nag met koorsagtige presisie inmekaar probeer pas. 'n Vrou wat nooit weer aan die huwelik en liefde herinner wil word nie, moet tydens haar skeisaak 'n trourok maak vir 'n aanstaande bruid wat by die dag duideliker oor die buik en bors uitsit.Dis oor boeiende mense soos dié dat Annelie Botes in Trousseaukis skryf – vroue en mans met wie jy jou kan én wil identifiseer. In elkeen van dié dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid én goedheid ken, en dat sy weet hoe om met empatie te vertel.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.