Ena Murray Omnibus 20
| By: | Ena Murray |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624047001 |
| eText ISBN: | 9780624051886 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2008 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge los, want Chrissie word Christine van Johannesburg. In Die pad terug huis toe is Karina Oosthuizen, gesogte topmodel, eensklaps weer afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy het net een heenkome – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags bied iemand haar en haar moeder ‘n toevlug in ‘n pragtige wit huis by die see. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het?