Ena Murray Omnibus 17
| By: | Ena Murray |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624046400 |
| eText ISBN: | 9780624051855 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2008 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van ’n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje. In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kêrel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. Waar die nagtegaal sing is die verhaal van ’n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. En in My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van ’n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by ’n ongure hofsaak.