Back to results
Cover image for book Eksklusief uit Eden

Eksklusief uit Eden

By:Marida Fitzpatrick
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624046929
eText ISBN:9780624051831
Edition:1
Copyright:2008
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Mia Bindemann skryf vir ’n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, ’n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, ’n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet ’n artikel gaan skryf oor ’n bomontploffing op ’n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet ’n scoop kry – eksklusief vir Nuusweek. ’n Boheemse duiker genaamd Eric voer haar weg op ’n Midde-Oosterse towertapyt van geure, genot en gevaar. Met die son in sy blonde krulhare, is Eric vir Mia ’n onweerstaanbare engel – al val daar soms skadus oor sy seeblou oë. Deur Eric leer ken sy die wonders van Bahrein, maar ook die eiland se donker kant. En dan is daar die ambisieuse Malan Retief, hoofverslaggewer van Verslag, wat met Mia meeding om die scoop. Met sy ontwerperskoene, stoppelbaard en geamuseerde glimlag maak hy Mia se lewe ondraaglik. En tog gaan haar hart aan die klop elke keer as ’n e-pos van hom met ’n pieng in haar inboks land…

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.