Back to results
Cover image for book Die boek van Ester

Die boek van Ester

By:Wilna Adriaanse
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624046837
eText ISBN:9780624051800
Edition:1
Copyright:2008
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.