Beenaf bokkie
| By: | Dirna Ackermann |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624049005 |
| eText ISBN: | 9780624051701 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2010 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in die familietwis, en vind gou haar stadsmaniertjies en rykmansdogtergeite staan haar “oom” glad nie aan nie. Fouché is arrogant, baas-spelerig, en wat haar betref nie juis modelmateriaal nie. Hy is boonop allesbehalwe oud en mansmens genoeg om enige vrou die vlaktes in te jaag van frustrasie.