Back to results
Cover image for book Kortetjies en 'n lange

Kortetjies en 'n lange

By:PG du Plessis
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624048107
eText ISBN:9780624051350
Edition:1
Copyright:2009
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie van die stories is oorgewerk vir die TV en het in ‘n ander medium gestalte gekry (soos die onsterflike reeks Koöperasie-stories). Het olifante elmboë en Neklis, twee van sy vroegste kort-kortverhaalbundels, gaan nou onder ’n nuwe titel gesamentlik (en met nuwe verhale bygeskryf) ’n heruitgawe beleef. Die titel van die samestelling kom uit die ou slinger-luie van plaas-oproepe: Kortetjies en ‘n lange. Maar nét ‘n heruitgawe is dit nie, want PG het, in sy eie woorde, “aan party stories gepeuter” – onder meer aan dié wat hy tydens sy verhoog-optredes (eers saam met Alexa Strachan en later met Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys) vertel het. Van hulle, so sê hy, het hy nou effens in die rêrige verteltrant van ’n verhoog af oorgeskryf, aangedik en verander – want die beperking van die koerante en tydskrifte was van sy nek af. Hulle lees dus anders, ligter en soms uitgesponne vir ’n eerste-aanhoor-verstaan. Dus trek die bepeuterdes allermins op “well-made”, gekristalliseerde kort-kortverhale. Dalk kan mens hulle, in die ware sin van die woord (weer uit PG se mond uit) rêrige bek-vertellings noem. Maar daar is ook die lange by: ’n rasegte kortverhaal wat met sy een voet in die Anglo-Boere-oorlog staan en met die ander een so tussen 1948 en vandag. “Ons mond”, heet hy en aan hom is daar nie ’n jota of tittel verander nie, omdat die verhaal – volgens PG – te waar van sy lewe en te heel in homself is.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.