Back to results
Cover image for book Vlis met vlerke

Vlis met vlerke

By:Annemari Coetser
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624048435
eText ISBN:9780624051022
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Vlis” is die woord wat die hoofkarakter, die 12-jarige Andine, en haar au pair uitgedink het vir iemand wat “nog vis nog vlees” is – soos, Andine, op daardie tusseninstadium tussen dogtertjie en jong meisie/vrou. Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair (“Jam”, kort vir JM, Jean-Marie) se tannie baie siek en gaan sy na die kleinhoewe of “plot” waar hulle woon om te help met hulle dag-tot-dag bestaan, en sy neem die kinders saam. Andine is eers vies want sy hou nie van die afgeleefde ou huis of die vervelige daaglikse take op die “plot” nie; sy sal veel eerder saam met haar vriendinne shop en fliek en in die malls uithang. Maar tot haar verbasing begin sy dit gaandeweg geniet. Dan is daar ook bietjie avontuur wat bykom wanneer haar 9-jarige boetie en ‘n swart maatjie ontvoer word. Sy raak ook betrokke by ‘n gemeenskapsprojek van ‘n groep vroue wat toilette bou by die plaaslike skooltjie. Aan die einde is sy nie meer ‘n “vlissie” nie – die hele avontuur laat haar grootword en haar eie omstandighede en familie meer waardeer.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.