Die kinders se Madiba
Die lewensverhaal van Nelson Mandela| By: | Sean Fraser |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9780143538530 |
| eText ISBN: | 9780143531166 |
| Edition: | 0 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Dit is die verhaal van hoe ’n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir ’n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir ’n regering wat húlle wou hê. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was ’n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wêreld, en hierdie boek vertel sy storie.