Back to results
Cover image for book Woord vir Woord

Woord vir Woord

’n Lewensreis
By:Johan Stemmet
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9780143528180
eText ISBN:9780143529019
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos dié van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike <i>Noot vir Noot</i>-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie ’n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir dié gebore Weskusklong se lewenslied. <i>Woord vir Woord</i> is ’n reis deur Johan se lewe: ’n kleurvolle concerto met ’n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou ’n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - <i>Woord vir Woord</i> is meer as bloot die vertel van ’n fassinerende lewe. Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en ’n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.