Back to results
Cover image for book Sorg

Sorg

By:Micki Pistorius
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9780143025443
eText ISBN:9780143527152
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

<i>Sorg</i> is ’n historiese roman, geskryf in die genre van magiese realisme. Die verhaal begin by die Skepping, toe die Khoi en San die koddige volstruis uitlag. Die Khoi skets die mitiese Groot Volstruis teen die muur van ’n grot in die Swartberge en die Groot Volstruis sweer wraak teen die mensdom wat hom gespot het. Die Groot Volstruis blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu en dit tref veral vir Hendrik van der Westhuizen, volstruisveerbaron op sy plaas Sorgniet. Hendrik is getroud met die vooraanstaande Isabella Fourie, maar hy is verknog aan die bediende Eva Damon. Hendrik klou vas aan die patriargale gebruik dat ’n man vir sy vrou moet sorg, en Eva glo aan die Khoi en San se geloof dat Afrika self vir haar kinders sorg. Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai en die volstruisveerbedryf word met ’n magtige vlerkslag vernietig, maar die Khoi- en Sangeeste dans steeds in die maag van die Kangogrotte. Hendrik se nasate by Isabella en Eva oorleef die Boere-oorlog, die Wêreldoorloë en Distrik Ses, en die leser volg hulle voetspore tot by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar die nasate weer met mekaar en met die onthutste spoke van die Volstruisveerera kennis maak. Teen die agtergrond van ongekende rykdom van die Volstruisveerera ontvou ’n sage van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs ná hulle dood nog vasvang, in hierdie debuutroman deur dr. Micki Pistorius, forensiese profielsamesteller en skrywer van die opspraakwekkende <i>Skimme in die skadu: Reeksmoorde - ’n Profielsamesteller</i> se ware verhaal.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.