Back to results
Cover image for book Die Penguin Boek van Sporttrivia

Die Penguin Boek van Sporttrivia

By:David O'Sullivan
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9780143026662
eText ISBN:9780143526834
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

David O'Sullivan en Kevin McCallum is passievol oor sport en word geboei deur die kleurryke karakters, spanningsvolle oomblikke en nimmereindigende drama wat die sportwêreld kenmerk. Jare se kyk-, lees- en verslaggewingswerk oor belangrike sportgebeure het dié twee skrywers in staat gestel om ’n magdom inligting te versamel. Hierdie boek is die eindproduk van baie oordenking, argumente en die navolging van bekende sportsterre in pogings om persoonlike staaltjies bymekaar te maak. Dis ’n boeiende versameling trivia en agter-die-skerms-verhaaltjies oor die Suid-Afrikaanse sporttoneel oor die jare. <i>Die Penguin Boek van Suid-Afrikaanse Sporttrivia</i> is ideale leesstof vir sportgeesdriftiges, of diegene wat graag hul sportmal vriende wil uitboul met hul kennis. Het jy geweet: Watter eenoog-Noorweër op ’n stadium kaptein was van die Suid-Afrikaanse krieketspan? Waarom Percy Montgomery vir Bruce James ’n opstopper gegee het voor die 2007 Rugby Wêreldbeker? Hoe Thabo Mbeki daarvoor verantwoordelik was dat die Wes-Indiese krieketspan hulle eerste wedstryd verloor het tydens hulle toer in Engeland in Junie 1966? Watter kwaito-ster se pa bekend is vir sy prestasies in perdspring? Hoe Madonna gehelp het om Gary Kirsten se krieketloopbaan ’n hupstoot te gegee? Waarom Jomo Sono van sy eie trouonthaal gedros het? Waarom Pieter Hendriks se drie in die openingswedstryd van die 1995 Rugby Wêreldbeker nooit toegestaan moes gewees het nie? Kry antwoorde op hierdie en nog honderde vrae en beïndruk jou vriende met jou buitengewone kennis oor Suid-Afrikaanse sport.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.